Gemmerkoekies

 

Beyers is baie lief vir hierdie koekies, hulle is nie so hard soos ander gemmer koekies nie.

 

6k koekmeel

1k margarien

2k suiker

2eetl gemmer

2 eiers

1k goue stroop

3t koeksoda

kwart t sout

 

Klits botter en suiker goed dan eiers.  Gooi stroop en gemmer by dan koeksoda, aangemaak met 2 eetl melk.  Sif dan meel by en meng goed.  Druk deur koekiedrukker of maak balletjies en druk plat.  Moenie uitrol nie.