Tant Nannie se Hawermoutkoekies

 

Hierdie ongebakte koekies is `n treffer en word altyd Kersfees gemaak in die Koekemoers se huis.  Probeer dit gerus!

 

250g botter

2k suiker

halwe k kakao

1k klapper

3k hawermout

 

Kook botter, suiker en kakao saam vir 5 minute.  Haal van die stoof af en voeg vanilla, klapper en hawermout by en roer goed.  Skep lepelsvol op `n skinkbord en laat koud word.