Klapperkoekies

 

Tant Nannie kan die lekkerste kleinkoekies bak wat ek nog geëet en hierdie is ook `n een van haar vele resepte.  Die varkvet in die reseppie gee `n besonderse smaak aan die koekies.

 

8k meel

6t bakpoeier

4k suiker

4 eiers

2k klapper

2k botter

halwe k varkvet(opsioneel)

1k melk

 

Vryf botter in meel en bakpoeier.  Klits die eiers en suiker saam en voeg die melk by.  Meng die vloeistof en die klapper by die meelmengsel.  Druk af en bak in oond by 180 grade tot mooi bruin.