Soentjies

 

Hierdie reseppie kom van Tant Nannie Koekemoer af.  Sy bak dit altyd vir die kinders.  Hierdie resep het ook my gunsteling geword om te bak vir Kersfees!

 

1k botter of margarien

1k suiker

4eetl mielieblom

2k meel

2 eiers

2t bakpoeier

 

Room botter en suiker saam en voeg die eiers daarby.  Sif die mielieblom, meel en bakpoeier by en meng goed.  Druk uit met ‘n koekiedrukker of ‘n meuletjie en bak tot mooi bruin in ‘n oond van 180grade.  Hierdie koekies kan jy ook met versiersuiker of konfyt opmekaar plak.