Thea se Brownies

 

Hierdie lekker resep het ek by my lieflingsus Thea gekry.  Ons het een jaar uitgestal by die bosveldfees hier op Ellisras en het ons hierdie koek gebak om saam met filterkoffie voor te sit.  Voorwaar heerlik!

 

3k bruismeel(gewone koekmeel kan ook gebruik word)

2t bakpoeier(voeg nog 3t bakpoeier ekstra by as koekmeel gebruik)

1t koeksoda

2k suiker

3 eetl kakao

knippie sout

500ml kookwater

250ml olie

50ml asyn

1 eetl vanilla

 

Meng alles saam en bak in warm oond teen 180 grade vir 20 min.

 

Versiersuiker

4k versiersuiker(ek verminder dit na 3k)

4 eetl kakao

 

Meng met klein bietjie warm water tot pasta en smeer oor warm koek.  Ons het hom al bietjie aangepas.  Ek laat koek bietjie afkoel vir so 5 min voor ek die sous oorgooi.  Al verskil is dat  die koek nie so baie sous optrek nie en dit meer na versiersuiker lyk.