Cornella se sjokeladekoek

 

Ek het hierdie uitsonderlike resep by my groot vriendin gekry nadat sy dit vir ons gebak het vir haar verjaarsdag.  Sowaar lip-lek lekker!

 

250ml kookwater

5ml rooibosteeblare of 2 sakkies

125ml kakao

4 ekstra groot eiers

375ml suiker

125ml olie

5ml vanieljegeursel

450ml koekmeel

15ml bakpoeier

2ml sout

 

Voorverhit oond tot 180 grade en smeer twee 20cm koekpanne.  Giet kookwater oor teeblare en laat staan vor 20 min of tot tee goed getrek het.  Voeg tee by kakao en meng deeglik tot `n gladde pasta.  Klits eiergele en suiker tot lig en romerig en voeg olie en vanieje ook daarby.  Voeg kakaomengsel by en meng deeglik.  Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by bogenoemde mengsel en meng baie goed.  Klits eierwitte tot stywe punte vorm en vou liggies in.  Giet in voorbereide panne en bak 40 min.

 

Sous vir sjokelade koek

 

1k suiker

400ml water

50ml margarien

50ml kakao

50ml mielieblom(aangemaak met `n bietjie water)

 

Kook alles saam tot verdik.  Haal af van plaat en voeg die volgende by.

 

Halwe koppie sjerrie

5ml vanieljegeursel

 

Gooi sous oor koek terwyl sous warm is maar koek moet goed afgekoel wees.  Die koek is geneig om vas te sit in die pan omdat dit so klam is.  Smeer panne goed en strooi bietjie meel in voordat jy die deeg insit.  Laat koek afkoel in panne vir plus minus 20 min voordat jy dit probeer uitgooi.