Sjokeladekoek-vierkant

 

Hierdie reseppie het ek gereeld gebak wanneer ek `n groot koek moes bak in `n oondpan en ek te lui was om te versier.  Baie lekker en nie so soet nie!

 

Sjokelademengsel

225g botter

250ml strooisuiker

6 eiers geskei

10ml vanillageursel

15ml bakpoeier

500ml koekmeel

30ml kakao

250ml melk

 

Klappermengsel

625ml klapper

250ml versiersuiker

 

Voorverhit oond na 180 grade en smeer oondpan goed.  Verroom die botter en strooisuiker saam tot lig en romerig.  Voeg die eiergele en vanilla by en klits goed.  Sif die droë bestandele saam en vou in by die bottermengsel.  Voeg die melk by en meng deur.  Klits die eierwitte tot styf en voeg die bestandele vir die klappermensel by en meng deur.  Giet die helfte van die sjokelademengsel in die voorbereide pan en maak gelyk.  Skep die klappermengsel oor en maak gelyk.  Giet die res van die sjokelademengsel oor en maak gelyk.  Bak sowat 20-30 minute lank of tot die toetspen skoon uitkom.  Laat effens afkoel en sny in blokkies.  Lewer sowar 40 blokkies.