Sout teekoek

 

75g(75ml) botter

200ml suiker

1 eier geklop   

375ml koekmeel

10ml bakpoeier

2ml sout

250ml melk

 

Bolaag

125ml botter

10ml Bovril

125ml fyn gerasperde kaas

 

Klop die botter en voeg suiker by en verroom.  Voeg eier by en klop goed.  Sif droë bestandele saam en voeg om die beurt met die melk by die bottermengsel.  Meng liggies.  Skep mengsel in `n gesmeerde pan en bak 25 minute in `n oond van 190 grade.  Smelt botter en Bovril in `n kastrol.  Verwyder koek uit oond, en prik met `n vurk vol gaatjies  en skep die warm mengsel daaroor.  Sprinkel kaas oor.  Bedien as dit nog warm is.