Hilda se dadelvingers

 

250g botter of margarien

250ml suiker

500g dadels fyngesny

1 eier goed geklits

1 pak mariebeskuitjies, in stukkies gebreek

100g groen kersies

100g rooi kersies

klapper om oor te strooi

 

Smeer `n koekpan of bespuit met spray en cook.  Smelt botter of margarien en suiker saam oor lae hitte sonder dat die mengsel verbruin.  Voeg die dadels en eier by en roer baie goed sodat die eier egalig inmeng.  Voeg die beskuitjiestukkies en heel kersies by, meng deeglik en haal van die stoof af.  Gooi mengsel in die koekpan en maak gelyk.  Strooi `n bietjie klapper bo-oor en laat afkoel.  Sny in vingers van 3x6cm.