Tant Nannie se wortelkoek

 

250ml meelblom

5ml bakpoeier

5ml koeksoda

5ml kaneel

250ml suiker

2 eiers

125ml olie

625ml gerasperde fyn wortel

versiersuiker of roomkaasversiersel of room

 

Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en kaneel saam.  Roer suiker daarby en klits die eiers en olie saam.  Voeg eiermengsel en wortels by by die meel bestandele.  Roer tot goed gemeng.  Keer beslag uit in `n ronde koekpan.  Laat 5 min rus en bak in oond vir 35 tot 40 min by 180 grade.  Laat 10 min in die pan staan en keer uit op `n draadrak en laat afkoel.

 

Roomkaasversiersel

 

60g botter

150g roomkaas

100ml vanilla

250ml versiersuiker

 

Meng bogenoemde alles saam en versier die koek.  Ek gebruik ook styf geklitse room wat bietjie versoet is met versiersuiker as ek nie lus is vir die roomkaasversiersel nie.