Tannie Rieta se dekadente sjokeladesensasie

 

Hierdie resep is voorwaar die moeite werd om uit te probeer.  As jy wil uithang is dit net die ding om te maak.  Jy kan hierdie koek ook voorsit as `n nagereg wat jy met roomys opdollie.

 

Beslag

250ml koekmeel

250ml suiker

1ml sout

10ml bakpoeier

62,5ml kakao

125ml kookwater

125ml sonneblomolie

4 eiers geskei

 

Stroop

Halwe blik ideal melk

125ml suiker

 

Bolaag

400g heelneutsjokelade, grof gekap

halwe blik idealmelk

 

So maak mens

 

Beslag

Voorverhit oond tot 180 grade.  Sif meel, suiker, sout en bakpoeier saam.  Maak `n gat in die middel van die mengsel en voeg kakaopoeier, kookwater, olie en eiergele by.  Klits goed tot suiker opgelos is.  Klits die eierwitte styf en vou in die mengsel.  Smeer `n vierkantige vuurvaste tertbak en skep die mengsel daarin.  Bak vir 40 min tot gaar.

 

Stroop

Smelt idealmelk stadig saam met die suiker oor matige hitte.  Roer goed en skep stroop oor die koek terwyl dit nog warm is.

 

Bolaag

Smelt sjokelade saam met die res van die idealmelk in `n dubbelkoker.  Smeer oor die koek terwyl dit nog warm is.  Laat afkoel en sit voor in blokkies.  Kan ook bedien word met aarbeie of seisoenvrugte.