Karin se Sjokeladekoek

 

Ek het al baie resepte uit probeer, maar hierdie een is werklik die moeite werd.  Sy versiersel is ook besonders, veral as jy nie van gewone versiersuiker hou nie.  Dit smeer ook maklik aan die koek sonder enige moeite.

 

Halwe k kakao

Driekwart k kookwater

440ml koekmeel

440ml strooisuiker

8 eiers

15ml bakpoeier

5ml vanilla

200ml kookolie

knippie sout

 

Los kakao op in die kookwater.  Sif meel, suiker, bakpoeier en sout saam.  Meng eiergele, olie, vanilla en kakaomengsel saam en meng met meel.  Klits eierwitte tot styf en vou by die mengsel in.  Gooi in 2 gesmeerde ronde panne.  Bak in oond by 200 grade vir 40 min.  Wanneer gaar laat afkoel en gooi uit panne.  Sny elke koek middeldeur sodat jy vier lae het. 

 

Versiersel

 

Klits 250g(storkbake) romerig, gooi 1 blikkie kondensmelk geleidelik by.  Gooi kakao(na smaak) dan daarby.  Gebruik 1 blik gekookte kondensmelk om tussen die lae te gebruik en die versiersel vir bo-oor.