Wit laagkoek

 

China is baie lief om hierdie koek te bak!  Sy dink dis `n wenner.

 

4 eiers

1eetl melkpoeier

375ml suiker

halwe t sout

500ml meelblom

250ml kookwater

5ml vanilla

125ml kookolie

10ml bakpoeier(hoogvol)

 

Klits eiers en vanilla tot skuim.  Voeg suiker bietjiesgewys by.  Klits baie goed tot mengsel liggeel is.  Sif meelblom, sout, bakpoeier en melkpoeier tweekeer saam.  Meng saam olie en kookwater.  Roer droë bestandele bietjiesgewys by eiermengsel, terwyl menger baie stadig klits.  Voeg laaste die olie en kookwater by en roer met `n houtlepel tot goed gemeng.  Bak in twee gesmeerde koekpanne vir omtrent 30 minute by 180 grade.