Onfeilbare sponskoek

 

3 eiers

driekwart k suiker

1k koekmeel

1t bakpoeier

1t vanilla

halwe t sout

2eetl margarien

4t koue water

 

Voorverhit oond na 180 grade.  Klits die eiers en suiker tot lig.  Sif die meel en sout by.  Voeg die geursel by.  Verhit die water en margarien tot kookpunt en voeg by die meelmengsel.  Meng en vou laaste die bakpoeier liggies in.  Gooi in 2 gesmeerde koekpanne en bak vir 25 minute.  Versier na willekeur met room of kersies of soos verkies.