Ystervarkies

 

6 eiers

1 & 1/2 k suiker

2k koekmeel

2t bakpoeier

2t vanilla

1t sout

4eetl margarien

8t koue water

 

Voorverhit oond na 180 grade.  Klits die eiers en suiker tot lig.  Sif die meel en sout by.  Voeg die geursel by.  Verhit die water en margarien tot kookpunt en voeg by die meelmengsel.  Meng en vou laaste die bakpoeier liggies in. Gooi in gesmeerde oondpan.  Laat goed afkoel en sny in blokkies.

 

Stroop

1 en `n halwe k water

4 eetl kakao

3k suiker

1 eetl margarien

 

Kook alles saam en laat koud word.  Doop vierkante in die stroop en rol in die klapper.  Sit in lugdigte houer.