Randkoek

 

Beslag

125ml melk

7ml botter of margarien

3 ekstra groot eiers

200ml suiker

375ml koekmeel

knypie sout

10ml bakpoeier

5ml vanilla

brandewynof sjerrie(opsioneel)

 

Vulsel

1 pakkie(80g) jelliepoeier

200ml kookwater

10ml suurlemoensap

125ml vars room

 

Voorverhit die oond na 180 grade.  Bespuit `n randkoekpan.  Kook die melk en smeer saam.  Klits die eiers en suiker goed saam.  Voeg die meel en sout by en roer die kookmelk by.  Roer die bakpoeier en geursel laaste by.  Giet die mengsel in die pan en bak 35 tot 40 minute tot gaar.  Laat dit effens in die pan afkoel en keer dit dan versigtig uit om heeltemal koud te word.  Sprinkel die brandewyn of sjerrie oor die randkoek, indien verkies.  Smelt die jellie in die kookwater.  Voeg die sap by en verkoel totdat dit begin dik word, maar nog nie gestol nie.  Klits die room tot styf en klits die jellie tot lig en skuimerig.  Voeg die room by en meng goed.  Skep dit in `n randkoek en plaas in die yskas tot gestol.  Versier die randkoek verder soos verkies.