Lekker-lekker lagies koek

 

Beslag

30ml botter

200ml water

4 eiers

375ml strooi of witsuiker

2ml vanilla

500ml koekmeel

1ml sout

12,5ml bakpoeier

 

Vulsel

30ml koekmeel

30ml mielieblom(mazeina)

15ml witsuiker

2 eiers geskei

1ml sout

500ml melk

5ml vanilla

125ml soetwyn, sjerrie of van der humlikeur

200ml lemoen of suurlemoen marmelade

125ml room(opsioneel)

1 stafie peanut brittle, fyn gerol

 

Voorverhit oond na 180 grade.  Spuit 2 panne.  Verhit die smeer en water tot kookpunt.  Klits intussen die eiers in `n groot mengbak tot skuimerig.  Klits die suiker geleidelik by en hou aan klits totdat die mengsel lig en sponsagtig dik is.  Klits die geursel by.  Sif die meel en sout saam.  Vou dit liggies in die eiermengsel in.  Strooi die bakpoeier oor en giet die kokende smeermengsel ook oor.  Meng dit liggies maar deeglik.  Giet mengsel in die panne en bak vir 25 minute tot gaar.  Laat afkoel.  Meng die meel, mielieblom, suiker en eiergele en sout met `n bietjie van die melk tot `n pasta.  Verhit die oorblywende melk tot kookpunt.  Roer die kookmelk vinnig by die pasta en giet hierdie mengsel terug in die pot.  Roerkook op matige hitte tot dik en gaar.  Haal die pot van die stoof af en voeg die vanilla by.  Klits die eierwitte tot styf en vou liggies by die melkpap in.  Sny die koeklae deur sodat jy 4 lae het.  Met elke laag word die prosedure gevolg:  sprinkel wyn oor, smeer marmelade oor, smeer melkvulsel oor en sit volgende koeklaag op.  Klits die room tot styf, versoet dit effens en smeer oor die boonste laag.  Verkoel die koek goed en strooi peanut brittle op net voor opdiening.  Dit trek water as dit te lank staan.