Tamboesies

 

Baie vinnig en lekker om te maak, goedkoop daarby.

 

1 rol(400g) bevrore blaardeeg

500ml melk

60ml witsuiker

37,5ml vlapoeier

37,5ml mielieblom

knypie sout

5ml vanilla

versiersuiker, gesif

suurlemoensap

kookwater

paar druppels amandelgeursel

 

Laat die deeg ontdooi en verhit oond na 200 grade.  Rol die deeg af, moenie dit dunner uitrol nie.  Sny met `n skerp mes in 4cm vierkante.  Plaas entjie uitmekaar op `n bakplaat en bak hulle omtrent 12 minute of tot bruin en uitgepof.  Laat afkoel.  Hou `n bietjie melk eenkant.  Verhit die res tot kookpunt.  Meng die suiker, vla, mielieblom en sout met melk wat eenkant gehou is tot `n pasta.  Klop die kookmelk geleidelik hierby en giet alles dan terug in die kastrol.  Roerkook tot dik en gaar.  Haal van die stoof af en roer die geursel daarby in.  Maak toe met die deksel, verhoed dat `n vel vorm.  Laat afkoel tot heeltemal koud.  Split elke blaardeegvierkant met `n skerpuntmessie oop.  Skep vla op die onderste stuk en plaas die boonste stuk op.  Maak versiersuiker met suurlemoensap en kookwater tot `n dik pasta.  Geur dit met amandelgeursel en skep bo-oor elke vierkant, roer nog versiersuiker by pasta indien te pap.  Laat staan `n rukkie tot die vulsel styf is voor jy dit opdien.