Sneeuballe

 

125g botter of margarien, by kamertemperatuur

125ml strooisuiker

5ml vanilla

2 eiers

375ml bruismeel

125ml melk

125ml room

50ml versiersuiker

500ml klapper

50ml appelkooskonfyt

 

Voorverhit oond na 180 grade en bespuit 2 kolwyntjiepanne.  Verroom die smeer, suiker en geursel saam.  Voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging.  Roer die meel en melk beurtelings by die smeermengsel.  Skep die panne twee derdes vol beslag en bak 15 minute tot gaar.  Haal versigtig uit die panne en laat afkoel.  Sny die ronde boonste deel van die kolwyntjiekoekie af.  Klits die room en versiersuiker saam totdat dit dik is.  Skep daarvan op elke koekie en plaas dan die ronde bostuk bo-op terug.  Smelt die konfyt en verf `n lagie oor elke kolwyntjie.  Rol in die klapper.  Verkoel die kolwyntjies 20 minute in die koelkas.  Lewer 24 kolwyntjies.