Madeleen se koeksisters

 

Madeleen het hierdie reseppie met my gedeel.  Dit is die beste resep wat ek nog vir koeksisters gebruik het.  Party resepte is geneig om na `n rukkie pap te word, hierdie een nie.

 

4k meel   

50ml bakpoeier

5ml sout

2 eiers

4 eetl olie

 

Stroop

12k suiker

6k water

Meng goed tot amper kookpunt.  Gooi 1 eetlepel kremetart by en bring tot kookpunt en haal af van die stoof.  Plaas in die yskas tot goed koud.

 

Sif die droë bestandele.  Klits eiers en olie en gooi by die meelbestandele.  Gooi water by, net genoeg om `n sagte deeg te maak.  Knie baie goed  en maak deeg toe.  Laat rys vir ongeveer 1 uur.  Rol uit en sny in groottes wat jy verkies.  Vleg deeg soos jy `n vlegsel sal vleg en bak in warm olie tot goudbruin.  Druk dadelik in die koue stroop en haal uit en laat dreineer van oortollige stroop.