Soet broodhappie

 

Moenie jou ou brood weggooi nie, maak hierdie broodsisters daarvan.

 

750ml suiker

375ml water

10ml gouestroop

knypie sout

gekneusde gemmer of stukkie pypkaneel

1 dagoud witbrood

kookolie

 

Verhit al die bestandele in `n kastrol tot suiker opgelos is.  Laat 5 minute kook en verkoel tot yskoud.  Sny die brood in snye in 4 vingers of kleiner as verkies.  Braai brood in warm kookolie tot ligbruin aan weerskante en doop warm in koue stroop.  Plaas op `n draadrakkie om af te drup.