Millie se sjokeladekoek

 

Hierdie reseppie is baie lekker en baie min moeite.  Saam met roomys vir `n nagereg is dit net so lekker.

 

1 en `n driekwart k koekmeel

15ml bakpoeier

100ml kakao

Sif bogenoemde saam

 

5 eiergele

375ml suiker

5ml vanilla

klits saam tot lig van kleur

 

Driekwart k kookolie

Driekwart k water

Kwart t sout

Voeg by eiermengsel bietjie vir bietjie en klits dan meelmengsel bietjie vir bietjie by.  Klits eierwitte styf en vou in by meelmengsel.  Bak by 180 grade ir 30min.

 

Stroop

375ml suiker(ek verminder dit na 250ml om dit minder soet te maak.

375ml water

75ml koffiepoeier

2ml karamel geursel

Kook saam en gooi oor die warm koek wanneer dit gaar is en laat afkoel.

 

Vulsel

1 blikkie karamel

100ml room styfgeklop, klop dan karamel daarby in en smeer oor die koek.  Rasper peppermint crisp oor of breek `n flake  en strooi daaroor.