Karamelsnytjies

 

1 pak (200g) mariebeskuitjies

1 groot blik karamelkondensmelk

halwe k klapper

 

Smeer elke beskuitjie dik met die kondensmelk en druk dit aanmekaar vas om ‘n rol te vorm.  Smeer die oorblywende kondensmelk buite om die rol en strooi klapper oor.  Plaas die rol in foelie toe en vries dit.  Om op te dien:  Sny die rol met ‘n skerp mes skuins in snytjies.