Patatkoek

 

Mense kan nooit glo dat die koek patats in het nie.  Regtig baie lekker en maak ‘n groot laagkoek.

 

550ml koekmeel

15ml bakpoeier

5ml kaneel

5ml neutmuskaat

1ml sout

500ml suiker

375ml olie

60ml kookwater

4 eiers geskei

375ml geskilde, grofgerasperde rou patats

250ml gekapte okkerneute

bietjie kaneel

 

Versiersel

500ml versiersuiker(as jy ‘n ringkoek gebruik maak ek die vulsel net half aan want jy smeer net bo-oor. 

60ml botter of margarien by kamertemperatuur

250g fyn maaskaas

125ml gekapte okkerneute

5ml vanilla geursel

 

Voorverhit die oond na 180 grade en spuit jou ringpan of ronde panne.  Sif die koekmeel, bakpoeier, kaneel, neutmuskaat en sout saam.  Klop die suiker en olie baie goed en voeg die kookwater by en klop totdat al die water ingeklop is.  Voeg die eiergele en meelmengsel by die suikermengsel in en roer tot gemeng.  Roer die gerasperde patats oor by die mengsel in.  Klits die eierwitte tot styf en vou in by die deegmengsel.  Skep in die pan en bak 40min op middelste oondrak tot gaar.  Laat dit effens afkoel in die panne en keer dan versigtig uit. Om heeltemal koud te word.  Meng die versiersuiker en botter baie goed saam, sal fyn gekrummel lyk.  Voeg die helfte van die maaskaas by en roer tot gemeng.  Smeer die oorblywende maaskaas oor die lae en die maaskaasversiersel oor die gewone maaskaas.  Strooi okkerneute oor en ‘n bietjie kaneel in die middel.  Verkoel die koek ‘n rukkie in die koelkas voor opdiening.  Bewaar oorskietkoek in die yskas.