Bar-One koek

 

3k koekmeel

4t bakpoeier

1t koeksoda

halwe t sout

1 en ‘n halwe k suiker

80ml bar-one melkdrankiepoeier

2k kookwater

1k olie

2t vanilla

50ml asyn

 

Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout saam.Maak bar-one poeier met kookwater aan en voeg olie, vanilla en asyn en meng met die meelmengsel.  Gooi in oondpan en kap liggies om lugborrels te breek.  Bak in oond by 180 grade vir 25min of tot gaar.

 

Versiersel

4x 60g bar-ones

80ml room

 

Sny bar-ones in stukke in mikrogolf bak en voeg die room daarby.  Smelt in mikrogolf en roer kort kort.  Koel af en smeer oor die koek.  Sny in blokkies.