Suurlemoenkoek

 

500ml koekmeel

250ml suiker

knippie sout

10ml bakpoeier

125g margarien

250ml melk

gerasperde skil van 1 suurlemoen

2 heel eiers geklits

1 blik kondensmelk

2 eiers geskei

125ml suurlemoensap

knippie kremetart

80ml suiker

100ml gevlokte amandels

 

Voorverhit oond na 180 grade.  Smeer oondbak 20cm x 30cm deeglik.  Sif die meel, suiker, sout en bakpoeier saam.  Vryf margarine met die vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk.  Voeg die melk, suurlemoenskil en heel eiers by en meng goed met ‘n houtlepel.  Giet in die bak en bak 30-35 min of tot gaar.  Meng die kondensmelk, 2 eiergele en suurlemoensap en smeer dit oor die warm koek.  Bak sowat 5 tot 10 min of tot styf.  Klits die eierwitte en die kremetart saam tot dit sagte punte vorm.  Voeg die suiker geleidelik by terwyl gedurig geklits word.  Skep die meringue bo-op die koek, sprinkel die amandels oor en bak tot goudbruin.  Laat afkoel en sny in vierkante.