Hannah se maaskaasvrugtetert

 

Baie lekker.  Ek gebruik ook ingemaakte swartkersies, maar maak jou reg vir die prys daarvan, baie duur maar die moeite werd.

 

Kors

1 pak tennisbeskuitjies fyn gedruk

4 eetl botter gesmelt

3 eetl suiker

 

Meng bogenoemde kors bestandele en druk goed vas op die boom van twee gesmeerde tertborde.  Jy kan ook hierdie kors vir enige vulsel gebruik  of jy nog die vulsel moet bak of nie.

 

Vulsel

1 blik vrugte van jou keuse

30ml suiker

10ml mielieblom

250g maaskaas

1 blik kondensmelk

100ml suurlemoensap

5ml vanilla

5ml gelatien geweek in 60ml water

500ml room styf geklits

 

Dreineer die vrugte en hou vir versiering.  Verhit die sap van die vrugte, suiker en voeg die mielieblom wat aangemaak is met `n bietjie water, daarby.  Kook 2 minute en laat afkoel.  Meng die maaskaas, kondensmelk, suurlemoensap en geursel.  Smelt gelatien oor kookwater en roer by.  Voeg styfgeklitste room daarby.  Skep die mengsel in die tertkorse en plaas in die yskas om te set.  Wanneer geset versier met vrugte bo-op en giet afgekoelde sous bo-oor en laat stol.