Droomkaaskoek met vrugte bolaag

 

Kors

Halwe pakkie tennisbeskuitjies

75g gesmelte botter

 

Vulsel

1 blik kondensmelk

250g gladde roomkaas

125ml suurlemoensap

10ml gelatien

25ml water

 

Bolaag

1 blik (410g) vrugte

15ml vlapoeier

room vir versiering

 

Druk beskuitjies fyn en meng met die gesmelte botter en druk mengsel in `n gesmeerde tertbord vas en plaas in die yskas tot benodig.  Meng kondensmelk en roomkaas.  Roer suurlemoensap geleidelik by.  Week gelatien in die water en laat oplos oor lae hitte.  Voeg geleidelik by die kondensmelkmengsel en roer deeglik.  Giet in die kors en plaas in die yskas tot gestol.  Dreineer die vrugte en hou die stroop apart.  Meng vlapoeier met `n bietjie van die stroop en giet die res in die kastrol.  Voeg vlamengsel by en kook tot dik.  Verwyder van hitte en voeg vrugte by.  Laat heeltemal afkoel voordat mengsel oor die vulsel geskep word.  Plaas weer in die yskas tot ferm.  Versier met geklopte room.