Sjokeladetert

 

Jy kan die vulsel ook gebruik vir nagereg.  Skep dit in mooi wyn glase en laat stol.

 

Kors

1 pak mariebeskuitjies, fyngemaak

125g botter of margarien, gesmelt

 

Vulsel

1 blok (100g) sjokelade met neute indien verkies

1 pak (150g) wit malvalekkers, omtrent 16

150ml melk

250ml room, styf geklop

sjokeladekrulle of gebreekte flake vir versiering

 

Meng al die kors bestandele en druk in `n tertbord van 24cm vas en verkoel in die yskas.  Breek die sjokelade in blokkies en smelt dit saam met die malvalekkers en melk in die mikrogolf by 100% krag vir omtrent 1 minuut, roer kort-kort totdat alles gesmelt is.  Laat effens afkoel en vou dan die styfgeklopte room by die sjokelademengsel.  Giet in die voorbereide kors en versier met die sjokeladekrulle of flake.  Plaas in die yskas totdat dit gestol is.