Tannie Babes se korslose melktert

 

Beyers is mal oor die tert.  Hy het dit een keer by haar geproe en ek moes opsluit die resep kry.  Ek gee dit baie keer sommer vir `n Sondag nagereg ook.  Baie lekker!

 

45ml (3e) gesmelte botter

3 eiers geskei

250ml suiker

250ml koekmeel

5ml bakpoeier

1ml sout

5ml vanilla

1 liter (4k) melk

kaneelsuiker

 

Voorverhit oond tot 190 grade.  Klits die botter, eiergele en suiker goed saam.  Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by.  Roer die geursel en melk by en meng goed.  Klits die eierwitte styf en vou in die mengsel.  Skep in `n diep gesmeerde tertbak en strooi kaneelsuiker oor.  Hierdie deeg is baie pap, so moenie skrik en meer meel byvoeg nie.  Steek dadelik in die oond en bak 40 minute of tot gestol.  Verminder hitte na eerste 25 minute tot 160 grade.  Sit warm voor.