Appeltoffietert

 

Hierdie reseppie is heerlik besonders veral met sy karamelsousie wat oor hom gegooi word.  Baie maklik ook want alles word net bymekaar gevoeg en gemeng.

 

Tert

30ml botter

185ml suiker

250ml koekmeel

10ml bakpoeier

knypie sout

250ml melk

1 blik (385g) tertappelskywe

 

Stel oond op 180 grade.  Room die botter en suiker saam.  Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg beurtelings met melk by roommengsel.  Giet deeg, dis `n slap deeg, in `n gesmeerde tertbak.  Sny appelskywe fyn en plaas bo-op deeg.  Bak vir sowat 45 minute.

 

Sous

250ml room

125ml suiker

7-10 karameltoffies (die sagte soort in die boksies )

 

Smelt alles saam oor lae hitte vir sowat 5 minute en roer gedurig.  Giet dit oor die tert sodra dit uit die oond kom.  Indien verkies, kan jy dit saam met styfgeklopte room voorsit.