Ma Bootha se heerlike ongebakte melktert

 

Hierdie reseppie het my Ma my geleer bak van jongs af.  Ek het nie eitlik `n afgeskryfde resep nie, bak al op gevoel!  Hierdie resep het sy oorsprong by my maer ouma soos ons haar geken het!

 

4k melk

4eetl koekmeel

4eetl mielieblom

4 eiers geskei

1k suiker of na smaak

kaneel om oor te strooi

sout na smaak

klont botter

 

Bring 4k melk en die suiker in `n dikboomkastrol tot kookpunt.  Meng intussen die meel en mielieblom en sout tot `n gladde loopbare mengsel.  Skei die eiers en voeg die eiergeel by die meel en mielieblommengsel.  Klits intussen die eierwit tot styf.  Wanneer die melk gekook het, voeg die meel en mielieblommengsel by die melk in en roer aanhoudend totdat dit dik word.  Voeg `n klont botter by die melktertvulsel in en roer totdat dit gesmelt het.  Vou laaste die styfgeklitste eierwitte by en meng deeglik.  Gooi in `n klaargebakte tertdop en strooi kaneel oor en laat afkoel.