Millie se cremoratert

 

Hierdie tert het my ore aan gesit en wou nooit styf word nie, tot Millie my vertel het dat jy gekoopte suurlemoensap moet gebruik en nie vars sap nie.

 

500g cremora

1k kookwater

2 blikke kondensmelk

250ml gekoopte suurlemoensap

 

Gooi cremora in `n mengbak en voeg 1k kookwater daarby en meng deur.  Laat staan oornag in die yskas.  Klits dan tot spierwit en styf met `n elektriese klitser.  Hierdie mengsel klits nogal lank en dit moet soos in styf wees soos room lyk wanneer jy dit geklits het.  Meng die 2 blikke kondensmelk daarby in en meng deur.  Voeg ook die suuurlemoensap by en klits weer `n bietjie want die sap laat dit weer `n bietjie slap word.  Gooi in voorbereide tertkors en laat in yskas tot benodig.  Jy kan ook `n blikkie fyngemaakte pynappel byvoeg.  Onthou net om die sap te dreineer voor jy dit byvoeg.  Die tert is dan minder soet.