Karameltert

 

Kors

Driekwart pak tennis of mariekoekies

Halwe k botter

 

Verkrummel die beskuitjies.  Smelt die botter en meng saam met die krummels.  Druk vas in ‘n gesmeerde tertbak en hou eenkant tot benodig.

 

Vulsel

4k melk

3 groot eiers

driekwart k suiker

halwe k meel

3eetl mielieblom

halwe t sout

1 blik karamel kondensmelk

1k room

4 sagte karamellekkers

 

Verhit 3 koppies melk, skei eiers en klits gele by die oorblywende 1 koppie melk in.  Meng saam met die eiermelk die suiker, meel, mielieblom en sout.  Meng sodat geen klonte in mengsel is nie en voeg saam met die kookmelk tot dik.  Klop intussen die kondensmelk tot gladde mengsel.  Klits die room styf en voeg ‘n halwe blik kondensmelk daarby in.  Gooi melkpap in die bak met die voorbereide kors en smeer die res van die kondensmelk oor die vulsel.  Smeer daarna die roommengsel oor die gesmeerde kondensmelk.  Rasper die karamellekkers grof oor vir versiering.