Karamel-rooibostert

 

Koek

4 ekstra-groot eiers

250ml suiker

125ml sterk rooibostee

5ml vanilla

400ml koekmeel

10ml bakpoeier

2ml sout

30ml gesmelte botter

 

Stroop

650ml kookwater

310ml suiker

2 rooibossakkies

100ml brandewyn

10ml vanilla

 

Bolaag

1 blik karamel treat

250ml room

wit sjokelade krulle

 

Voorverhit oond na 180 grade.  Klits die eiers en suiker tot lig en dik.  Voeg die rooibostee en vanilla by.  Sif die meelmengsel oor en vou in.  Roer die gesmelte botter in.  Skep in ‘n gesmeerde bak en bak vir 40min tot gaar.  Maak intussen die stroop.  Verhit die kookwater, suiker en teesakkies saam tot suiker gesmelt is.  Bring tot kookpunt en laat prut 5min.  Verwyder van hitte, verwyder teesakkies en voeg die brandewyn en geursel daarby..  Giet oor die koeklaag sodra dit uit die oond kom, en laat afkoel.  Wanneer afgekoel, klits die karamel treat en room saam tot dik en smeer oor die tert.  Versier met sjokeladekrulle.  Lewer ‘n middelslag tert.