Grenadella kaaskoek

 

200g tennisbeskuitjies

609 botter of margarine, gesmelt

30ml strooisuiker

5ml kaneel

 

Vulsel

1 blik ingedampte melk, verkil of 250ml room

250g roomkaas

250g maaskaas

1 blik kondensmelk, verkil

1blik (115g) grenadellamoes of vleis van 5 grenadellas

25ml gelatine

30ml koue water

60ml kookwater

vars grenadella vir versiering

 

Maak beskuitjies fyn en meng met res van die bestandele by en meng goed.  Druk mengsel in gesmeerde tertbak vas.

 

Vulsel

Klits die ingedampte melk of room tot styf.  Voeg die roomkaas en maaskaas by en meng goed.  Voeg die koue kondensmelk en grenadella by en klits deeglik.  Sprinkel die gelatine oor die koue water in ‘n bakkie en roer.  Voeg die kookwater by en roer tot gelatien opgelos is.  Voeg ‘n bietjie roomkaasmengsel by die gelatienmengsel en meng goed.  Roer die mengsel dan by die res van die roomkaasmengsel in en meng goed.  Giet die vulsel oor die kors en verkoel in die yskas tot gestol.  Versier met vars grenadellas.