Tjou-tjou

 

Ek plaas hierdie  reseppie net soos hy is maar ek laat gewoonlik die blomkool uit my resep omdat my mense nie so baie van enige groente hou nie.  Ek gebruik dan net meer komkommertjies in die resep.

 

1 groot blomkool

500g uie fyngekap

200ml growwe sout

625ml witsuiker

1 en `n halwe bottle wit asyn

25ml speserye vir suurtjies

125ml koekmeel

150ml mostertpoeier

50ml borrie

1 groot blik (800g) dille komkommertjies

 

Was en breek die blomkool in stukkies en voeg die uie by.  Strooi die sout oor en bedek met koue water.  Laat dit oornag staan.  Dreineer die gepekelde groente die volgende oggend en plaas dit in `n groot pot.  Voeg die suiker, 1 bottel van die asyn en die speserye vir suurtjies by.  Verhit die mengsel tot kookpunt en laat dit 10 minute lank kook.  Onderwyl dit kook, meng die meel, mosterd en borrie met die oorblywende 375ml asyn tot `n gladde pasta.  Roer dit by die koolmengsel sodra die 10 minute kooktyd verby is en laat dit weer opkook.  Dreineer en sny die komkommertjies in dun skyfies en roer dit by die warm mengsel.  Skep dit uit in warm gesteriliseerde flesse, laat dit afkoel tot koud en verseël.  Lewer omtrent 2,8liter tjou-tjou.