Uiesopbroodjie

 

Hierdie is China se geliefkoosde broodjie en ek moet oppas of sy eet hom op voor die vleis klaar gebraai is.

 

500g bruismeel of 4k koekmeel

1 pakkie wit uiesoppoeier(enige geur van jou keuse kan gebruik word)

500ml karringmelk (melk of gewone yoghurt kan ook plaasvervanger wees)

1k gerasperde kaas

 

Meng al die bestandele in mengbak maar hou bietjie kaas oor om bo-oor brood te strooi. 

Gooi deeg in gesmeerde broodpannetjie en strooi kaas bo-oor.

Bak in voorafverhitte oond van 180 grade op middelste oondrak vir 45 min tot 1 uur.

Let wel indien jy gewone koekmeel gebruik moet 4t bakpoeier bygevoeg word.