Rooi Slaphakskeentjies

 

1,5kg uitjies

250ml gebleikte sultanas

150ml suiker

250ml asyn

250ml water

1 blikkie tamatiepasta

50ml kookolie

2ml sout

knypie rooipeper

 

Skil die uitjies.  Plaas in vlekvrye pot en voeg sultanas, suiker, asyn, water, tamatiepasta, kookolie, sout en rooipeper by.  Sit deksel op en kook `n uur oor lae hitte.  Haal deksel af en kook verder totdat die sous lekker dik is.  As jy haastig is kan jy die sous bietjie verdik met mielieblom wat met koue water aangemaak is.  Skep die warm uitjies in gesteriliseerde flesse en verseël.