Martjie se macaroni

 

2k macaroni

4t sout

6k kookwater

1 groot ui, gekap

2 en ‘n halwe k seldery

4eetl margarien

1 en ‘n halwe k kaas, gerasper

1 en ‘n halwe k broodkrummels

1 liter melk

3 groot eiers

 

Kook macaroni tot sag maar nog ferm.  Braai die uie en seldery in die margarien en meng liggies met die macaroni.  Meng die kaas en broodkrummels ook daarby in en gooi in ‘n gesmeerde bak.  Klits die eiers en melk saam en geur met sout.  Gooi oor die macaroni en bak 1 uur onbedek tot gaar en gestol by 180 grade.  Laat staan ‘n paar minute voor opdiening.