Slappappoffers

 

Hierdie is `n goedkoop soutigheid en niemand weet gewoonlik waarvan dit gemaak word nie.  As daar pap oorbly maak ek gewoonlik hiervan.  Die smaak van die poffer kan jy elke keer verander deur net die speserye te verander wat jy bo-oor strooi.

 

100ml mieliemeel

500ml water

1 eier geklits

250ml bruismeel

2ml mosterdpoeier

2ml sout

knypie rooipeper

125ml Cheddarkaas

kookolie vir diepbraai

spesery na keuse

 

Meng die mieliemeel en water en verhit tot kookpunt, sit deksel op en kook 15 tot 20 minute tot `n slap pap, en laat dan afkoel to lou.  Voeg die eier by die pap en meng.  Sif die bruismeel, mosterdpoeier, sout en rooipeper saam, voeg dit by die papmengsel en meng goed.  Voeg die kaas by en meng goed.  Skep teelepelsvol in die warm, diep kookolie en braai beide kante tot goudbruin.  Dreineer op kombuispapier en strooi geuropwekker of spesery van jou keuse oor.  Ek is lief om sout en asyn speserye te gebruik.