Mudpies

 

Hierdie lekkergoed het ek vir die eerste keer geproe toe ons vir Thea hulle gaan kuier het in Port Elizabeth.  Ons het vir die dag uitgery na Natures Valley en het hierdie interesante eetgoed by `n Ultra City te koop gekry.

 

250ml klapper

250ml karamel suiker

250ml bruismeel

125g botter of margarien, gesmelt

358g kondensmelk

30g botter of margarien ekstra

30ml stroop

150g easy melt sjokelade, gesmelt

20g botter of margarien, gesmelt

 

Voorverhit oond na 180 grade.  Spuit `n langwerpige bak met spray en cook.  Voeg by die eerste vier bestandele en druk in voorbereide bak.  Bak vir 10 minute.   Verhit kondensmelk, 30g botter en stroop saam, hou aan roer vir 5 minute.  Smeer oor die gebakte basis en bak vir `n verder 10 minute.  Laat afkoel.  Meng saam die easy melt en 20g botter en smeer oor die vulsel.  Plaas in yskas om te set.  Sny versigtig in vierkante.  Gebruik `n mes gedoop in warm water om deur die sjokelade te sny.