Karamelkaaskoek

 

Kors

1 pakkie tennisbeskuitjies, gekrummel

60g botter of margarien gesmelt

 

Vulsel

30ml gelatien

150ml kookwater

2 pakkies creamo roompoeier

300ml yswater

500g romerige maaskaas

250ml strooisuiker

30ml suurlemoensap

1 pakkie karamelkitspoeding

400ml melk

karamelsjokeladeblare om mee te versier

versiersuiker om oor te strooi

 

Meng die krummels en die gesmelte botter en druk op die bodem vas.  Plaas in die yskas tot benodig.  Los die gelatien in die kookwater op.  Klits 2 pakkies creamo 2 minute saam met die yswater.  Klits die maaskaas, strooisuiker en suurlemoensap saam saam.  Vou eers die mengsel in die geklitste room in, en daarna die afgekoelde gelatien.  Klits die poeding en melk 2 minute lank en vou dit in die mengsel in.  Skep die mengsel oor die kors in die bak.  Hou oornag in die yskas tot ferm.  Versier met karamelsjokeladeblare en sprinkel versiersuiker oor.  Maak een groot tert.