Mikrogolf vyekonfyt

 

600-700ml geskilde vye

500ml suiker

4eetl water

2eetl suurlemoensap

2 stukkies gekneusde gemmer

 

Plaas  vrugte in `n diep bak en bedek met deksel en mikrogolf op medium vir 13 minute.  Maak oop en voeg die res van die bestandele by.  Roer baie goed tot die suiker opgelos is.  Laat oop en mikrogolf 9 minute op medium krag.  Haal uit en toets of stolpunt bereik is.  Verleng kooktyd indien nodig.  Verwyder gemmerstukkies en skuim.  Laat baie goed afkoel en giet in bottles en verseël.