Druiweblatjang

 

1kg swart druiwe

250ml asyn

250ml water

30ml olie

2 uie fyn gekap

1 knoffelhuisie fyn gekap

10ml fyn gemmer

1 rooi of groen brandrissie, gekap

5 appels, geskil , ontkern en gekap

1 suurlemoen se skil

125g droë appelkose, gekap(210ml)

165ml sultanas

100ml bruinsuiker

2ml fyn kaneel

 

Meng die druiwe, asyn en water in `n die mikrogolfbak en mikrogolf dit 8 minute op medium(75%) krag totdat dit kook.  Syg die vloeistof deur en druk soveel moontlik van die druiwe uit.  Behou die sap, maar gooi die doppe weg.  Meng die olie, uie, knoffel, gemmer en brandrissie.  Roer die appels, suurlemoenskil, appelkose, sultanas,  bruinsuiker, kaneel en die sap wat eenkant gehou is, by.  Mikrogolf dit ongeveer 30 minute lank op medium totdat dit dik is.  Giet die mengsel in warm gesteriliseerde bottels en verseël en verkoel dit.