Maroela vrugterolle

 

Gebruik die pulp en skille nadat die sap vir jellie ontrek is.  Maal die skille fyn.  Voeg 1 k suiker vir elke 2 k moes en 1 teelepel groen jellie vir elke koppie moes(opsioneel)Ek vervang die suiker en voeg net groen jellie by.  Gooi uit op plastiek en smeer egalig oor.  Laat buite droog word in die son, gooi toe met `n net.