Maroela atjar

 

Was maroelas, kook maroelas soos jy maak vir jellie.  Gebruik die skille nadat die sap afgegooi is.  Gebruik 10k gemaalde skil en voeg die volgende by:

 

5k gemaalde uie

1kg gevriesde wortelblokkies

100ml suiker

250g rosyne

3 opgehoopte teel kerrie

3 opgehoopte teel mosterd

2 teel sout

4 teel rooipeper

2 teel borrie

1 liter asyn

1,5liter water

Kook alles saam tot gaar en regte dikte verkry.  Bottel warm.