Mosterd

 

Hierdie is my gunsteling resep om te maak.  Saam met braaivleis of kouevleis is dit `n treffer en selfs op brood saam met `n vleisie is dit net so lekker.  Laat dit maar liewers in die yskas bly nadat jy dit gebottel het.

 

25ml mosterdpoeier

250ml suiker

knippie sout

3 eiers

125ml asyn

 

Meng mosterdpoeier en sout met suiker.  Roer eiers en asyn by en verhit oor stadige hitte tot dik.  Verseël en plaas in die yskas.