Ingelegde komkommers

 

Hierdie lekker reseppie het ek by Tannie Koekie `n boervrou uit die distrik gekry.  Saam met die resep het sy ook vir my hordes komkommers gegee wat sy by haar seun gekry het.  Hy het `n groentetonnel en pluk die wat nie reg is nie uit.  Sy het die hele omgewing aan die werk laat spring want daar was vragte komkommers, vir my inkluis.

 

1k water

6k asyn

3k suiker

3t pickling spice

2t sout

 

Gooi al die bestandele in `n kastrol en verhit to kookpunt.  Sny die komkommers kleiner of in skyfies of as jy dit wil heel hou, kan jy dit ook doen.  Gooi by vloeistof en laat kook tot verkleur.  Bottel en verseël.