Kerrie Wortels

 

Hierdie reseppie kom van Tant Nannie af.  Oom Attie is mal hieroor!

 

2 bossies wortels in ringe gesny

4k asyn

2 desertlepels mosterd

4 eetl stroop(opsioneel)

6 uie

4k suiker

4 eetl meelblom

2 desertlepels kerrie

1 desertlepel borrie

 

Kook wortels nie te sag nie en dreineer.  Kook uie apart en dreineer.  Meng wortels en die uie met mekaar.  Kook die res van die bestandele goed en voeg die wortels en die uie daarby.  Roer goed.  Kook deur en bottle warm.